Meer Oor Ons

Die kerkraad, wat beleid bepaal en besluite rakende finansies en ander aangeleenthede neem, bestaan uit agt ouderlinge en twee diakens. Daar is 20 wyke binne die tradisionele gemeentegrense en dan buitewyke wat bekend staan as Suid, Wes, Moeder, Park, Noord en Plase.

Kerkraadsvergaderings vind een maal per kwartaal plaas.

Ons Visie

Ons bou met liefde aan God se Koninkryk.

Die visie word prakties gemaak deur doelgerig aandag te gee aan die verhoudings waarin ons staan:

  • Verheerlik God die Vader
  • Versorg mekaar na die voorbeeld van Jesus; en
  • Vertel die wêreld deur die Heilige Gees

Eredienste

Somer (Okt tot Apr) :09:00 en (Mei tot Sept) Winter 10:00

Begrafnisse

Skakel met die leraar vir alle praktiese reëlings en met die kerkkantoor. Die vrouebediening bied ondersteuning t.o.v. verversings na troosdienste.

Blomme

Daar word blomme voorsien vir spesiale geleenthede in ons kerk.

As jy bereid is om te help met blommerangskikkings vir die erediens, kan jy die organiseerder van die blombeurte kontak Dyna Potgieter.

Jeuggroepe

Sondagoggende na kerk in die gemeentesentrum  vir graad 1-11.

Huweliksvoorbereiding & Bevestiging

Paartjies moet asseblief tydig met die leraar skakel.

Lief & Leed

Dit is onmoontlik om van almal se lief en leed te weet, indien lidmate ons nie daarvan in kennis stel nie. Laat weet asb. die kerkkantoor of die leraar.

Gedenkmuur

Ons het ‘n gedenkmuur aan die noordekant van die kerkgebou. Nisse kan by die kerkkantoor gekoop word.

Finansiele bydrae

Finansiële Bydrae

Ons glo dat die verantwoordelikheid van die gee van dankoffers primer lê by ons as lidmate as teken van ons dankbaarheid teenoor die Here.

Skakeling & Kommunikasie

Daar word geglo aan vars, deursigtige kommunikasie om gemeentelede op hoogte van aktiwiteite, geleenthede, finansies, getuienis en vele meer te hou.